Pioneer 1

Pioneer 1

Pioneer 1 (ook bekend as Able 2) [1] was 'n onbemande Amerikaanse ruimtetuig, onder beheer van Nasa, gelanseer deur 'n Thor-Able vuurpyl op 11 Oktober 1958. Die sending was beplan dat Pioneer 1 in 'n wentelbaan om die Maan sou gaan en wetenskaplike metings sou doen. Weens 'n navigasiefout kon dit nie daarin slaag om in 'n wentelbaan te gaan nie en is vernietig toe dit die Aarde se atmosfeer binnegedring het. Die sending het 43 uur geduur en het 'n apside van 113 800 km bereik. Dit was die tweede en suksesvolste van drie Thor-Able sendings.[2] Die sending was deel van die Pioneer-program.

  1. "In Depth | Pioneer 1". NASA. Besoek op 20 Februarie 2021.
  2. "Pioneer 1 - NSSDC ID: 1958-007A". NASA NSSDC.

Developed by StudentB